English
   Home
   Facilities
   Contact us
   Directions
   Directions
 

Welkom by Utara

Utara is geleë naby Naboomspruit (Mookgophong) in die Limpopo Provinsie en is ‘n gemaklike 1.5 uur rit vanaf Pretoria of ‘n 2 uur rit vanaf Johannesburg. Die plaas huisves ‘n wye verskeidenheid wildspesies soos Kameelperd, Koedoe, Impala, Sebra, Rietbok, Vlakvark en baie meer.

Wat die plaas baie spesiaal maak is die feit dat die Nylsvley seisonale vloedvlakte deel uitmaak van die plaas. Die vloedvlakte bestaan uit riet en grasvlakte omring deur tipiese Akasia bosveld wat die plaas baie ryk maak aan voël en wildlewe. Meer as 370 voëlspesies is al geidentifiseer in hierdie area.

Gerieflike, goed toegeruste selfsorg akkommodasie is beskikbaar met braai and swem fasiliteite.

Ons nooi jou hartelik uit om jou volgende uitstappie by ons te bespreek en sodoende ‘n ware bosveld ervaring te beleef.