|
Aanwysings na Utara
Vanaf Johannesburg/Pretoria:
• Neem die N1 snelweg Noord na Polokwane (Pietersburg)
• Gaan deur die Kranskop tolhek
• Neem die R101 Mookgophong afrit na links
• Net voor u Naboomspruit(Mookgophong) binnegaan draai links by R519 (Roedtan) aanwysingsbord
LET WEL:
Hierdie afdraai is gesluit weens konstruksie.
Gaan tot by eerste stel verkeersligte en draai links.
Gaan reguit tot by eerste 4 righting stop en draai weer links.
Gaan reguit en neem dan glip na links om op R519 na Roedtan te wees
• Gaan bo oor brug en draai links in 1ste Straat
• Gaan oor 3 spoorwegoorgange en draai regs in Mookghopong straat by 4-Rigting stop
• Draai links by eerste stop straat en volg pad bo-oor N1 snelweg
• Net na die brug oor die N1 snelweg word die pad ‘n grondpad. Volg grondpad vir +/- 2.5 km
• Utara is geleë op regterhand
• GPS koordinate : S24.50 7534, E28.75 4268
|
|